A A A A A
Spreuke 13
17
’n Onbetroubare boodskapper kry moeilikheid. ’n Gesant wat jy kan vertrou, bring voorspoed.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

17
Dit sal sleg gaan met 'n boodskapper wat 'n verkeerde boodskap bring, maar 'n mens wat sy boodskap reg bring, laat dit beter gaan met mense.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

17
’n Slegte boodskapper vergeet maklik wat hy moet sê. Mense word dan baie kwaad vir hom. ’n Goeie boodskapper se woorde maak mense gelukkig.
Afrikaanse Bybel DB 2006

17
'n Onbetroubare boodskapper kom in die moeilikheid; 'n gesant op wie jy kan staatmaak, stel sake weer reg.
Afrikaanse Bybel 1983

17
'n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar 'n betroubare boodskapper is 'n gerusstelling.
Afrikaanse Bybel 1933/1953