A A A A A
Spreuke 12
1
Iemand wat bereid is om reggehelp te word, leer graag. Dit is dom as iemand hom nie wil laat teregwys nie.
2
Die Here hou van ’n mens wat goeddoen. Hy het nie tyd vir ’n slinkse mens nie.
3
Iemand wat verkeerd lewe, het nie vastigheid nie. Iemand wat regverdig lewe, is stewig geanker.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Iemand wat daarvan hou dat mense vir hom leer, wil graag dinge weet, iemand wat nie daarvan hou dat mense vir hom sê hoe hy moet lewe nie, is dom.
2
Die Here is goed vir 'n goeie mens, maar Hy straf mense wat skelm planne het.
3
'n Mens wat verkeerd doen, sal nie aanhou lewe nie, maar die mense wat reg lewe, sal vas bly staan en veilig wees.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Wie die lesse van die lewe ernstig opneem, is slim. Wie uit sy foute leer, leer die kuns van die lewe ken. Wie na geen raad luister nie, is dom.
2
Die Here hou baie van mense wat graag wil leer, van mense wat die regte dinge op die regte oomblik doen en sê. Maar hulle wat heeltyd slegte dinge dink, verwerp Hy.
3
Niemand kry iets reg uit slegte dade nie. Slegte dinge maak van jou ’n ongelukkige mens. Die gelowiges staan vas. Hulle is gelukkige mense.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Wie hom laat leer, wil graag kennis ontvang; wie hom nie laat teregwys nie, is 'n dom mens.
2
Die Here hou van 'n goeie mens, maar Hy veroordeel 'n slinkse mens.
3
Niemand wat 'n verkeerde lewe lei, hou stand nie; wie die wil van die Here doen, staan stewig.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.
2
Die goeie verkry 'n welbehae van die HERE, maar Hy veroordeel 'n slinkse man.
3
Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953