A A A A A
Spreuke 12
8
Mense bewonder iemand wat verstandige dinge sê. Hulle verag iemand wat verdraaide idees het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

8
Mense prys iemand wat verstandig praat, maar hulle spot iemand wat dom dinge sê.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

8
’n Mens word aan sy manier van lewe gemeet. Slimheid word aan ’n mooi manier van lewe gesien. Domkoppe weet nie hoe om reg te leef nie. Mense verag hulle.
Afrikaanse Bybel DB 2006

8
'n Mens word geprys vir sy insig en uitgelag as hy nie verstandig dink nie.
Afrikaanse Bybel 1983

8
Ooreenkomstig sy insig word 'n man geprys; maar 'n verkeerde van hart sal verag word.
Afrikaanse Bybel 1933/1953