A A A A A
Spreuke 12
6
Wat goddelose mense sê, is ’n lokval vir ander. Opregte mense se woorde red hulleself.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Wanneer die mense wat verkeerd doen, praat, dan wil hulle ander mense laat sterf, eerlike mense se woorde red hulle.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Goddelose mense se woorde probeer jou in ’n lokval lei. Dit wil jou seermaak. Maar gelowiges se insig in die lewe bevry jou van al hierdie strikke.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Goddeloses stel met wat hulle sê, dodelike hinderlae vir ander; opregte mense red ander met wat hulle sê.
Afrikaanse Bybel 1983

6
Die woorde van die goddelose is om te loer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle.
Afrikaanse Bybel 1933/1953