27 |
Die luiaard verroer nie ’n vinger om self kos te maak nie. ’n Hardwerkende mens gaan uit sy pad om kosbare besittings te versamel. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
27 |
'n Lui mens kry niks, hy vang ook nie diere in die veld om te eet nie, 'n mens wat fluks werk, maak vir hom kosbare dinge bymekaar. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
27 |
Slapheid bring jou nêrens nie. Jy word net armer. Harde werk is die moeite werd. Dit kan jou geld in die sak bring. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
27 |
Die luiaard gaan vang nie eens wild om te braai nie; 'n hardwerkende mens versamel kosbare besittings. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
27 |
Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is 'n kosbare skat vir 'n mens. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|