A A A A A
Spreuke 12
22
Die Here verafsku mense wat hulle woord breek. Hy hou van mense wat by hulle woord staan.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

22
Die Here haat iemand wat lieg, maar Hy hou van mense wat die regte dinge doen.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

22
Die Here haat ’n spul liegstories. Hy is lief vir mense wat die waarheid praat.
Afrikaanse Bybel DB 2006

22
Die Here het 'n afsku van leuenaars; Hy hou van betroubare mense.
Afrikaanse Bybel 1983

22
Valse lippe is vir die HERE 'n gruwel, maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel.
Afrikaanse Bybel 1933/1953