A A A A A
Spreuke 12
20
Daar is bedrog in die harte van hulle wat kwaad bedink. Daar is vreugde in die harte van hulle wat vrede beplan.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

20
Mense wat planne maak om slegte dinge te doen, wil ander mense bedrieg, mense wat planne maak om dit goed te laat gaan, maak ander mense bly.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

20
Wie net altyd slegte planne teen ander beraam, is ’n bedrieër. Hy is ’n diep ongelukkige mens. Wie ander liefhet, ervaar groot vreugde.
Afrikaanse Bybel DB 2006

20
Dié wat op kwaad uit is, doen dit omdat hulle vals is; dié wat beraadslaag vir vrede en voorspoed, doen dit met vreugde.
Afrikaanse Bybel 1983

20
Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde.
Afrikaanse Bybel 1933/1953