A A A A A
Spreuke 12
16
’n Dwaas is opvlieënd; ’n verstandige persoon bly kalm wanneer hy beledig word.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

16
'n Dwaas wys dadelik wanneer hy kwaad is, 'n verstandige mens wys nie hoe hy voel wanneer mense hom beledig nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

16
’n Dom mens wys dadelik dat hy kwaad is. Hy doen niks om dit weg te steek nie. Almal kan sy woedende gesig sien. ’n Gelowige verontagsaam beledigings. Hy hoor dit sonder om hom te ontstel.
Afrikaanse Bybel DB 2006

16
'n Dwaas wys dadelik dat hy beledig voel; 'n verstandige mens laat nie blyk dat hy gekrenk is nie.
Afrikaanse Bybel 1983

16
Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande.
Afrikaanse Bybel 1933/1953