A A A A A
Spreuke 12
14
Met jou woorde kan jy baie goeie dinge kry. Die werk van hulle hande gee hulle ook baie voorregte.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

14
Wanneer 'n mens die regte dinge sê, dan sal dit baie goed gaan met hom, en wanneer hy met sy hande werk, dan sal hy beloning kry.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

14
’n Gelowige se wyse woorde is soos saad wat gesaai word. Mettertyd dra dit baie vrug in ander se lewens.
Afrikaanse Bybel DB 2006

14
'n Mens kan voorspoedig word deur altyd die regte woorde te gebruik, of hy kan die vrug geniet van wat hy met sy hande doen.
Afrikaanse Bybel 1983

14
Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van 'n mens se hande kom op hom terug.
Afrikaanse Bybel 1933/1953