A A A A A
Spreuke 12
13
’n Slegte mens se woorde is ’n strik vir homself. Iemand wat reg lewe, ontduik moeilikheid.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
Die verkeerde dinge wat 'n slegte mens sê, is soos 'n vangstrik wat hom vang, maar wanneer 'n mens reg lewe, dan sal dit nie vir hom gevaarlik wees nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
’n Ongelowige praat hom maklik vas. Sy eie woorde is soos ’n net wat hom vasvang. ’n Gelowige se woorde red hom uit moeilike situasies.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
'n Slegte mens stel vir homself 'n strik met sy opruiende woorde; wie reg doen, ontkom uit die nood.
Afrikaanse Bybel 1983

13
In die oortreding van die lippe lê daar 'n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.
Afrikaanse Bybel 1933/1953