A A A A A
Spreuke 12
10
Die regverdige gee om vir sy diere, maar ’n goddelose mens is altyd baie wreed met hulle.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
'n Mens wat reg lewe, weet wat sy diere nodig het, maar mense wat verkeerd doen, is wreed, ook wanneer hulle probeer om goed te wees.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
’n Gelowige is lief vir sy diere. Hy behandel hulle altyd goed. Ongelowiges is ongenaakbaar. Hulle sny diere sommer maklik keelaf.
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
Die regverdige sorg goed vir sy diere, maar die goddeloses is wreed.
Afrikaanse Bybel 1983

10
Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.
Afrikaanse Bybel 1933/1953