1 |
Iemand wat bereid is om reggehelp te word, leer graag. Dit is dom as iemand hom nie wil laat teregwys nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
Iemand wat daarvan hou dat mense vir hom leer, wil graag dinge weet, iemand wat nie daarvan hou dat mense vir hom sê hoe hy moet lewe nie, is dom. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Wie die lesse van die lewe ernstig opneem, is slim. Wie uit sy foute leer, leer die kuns van die lewe ken. Wie na geen raad luister nie, is dom. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
Wie hom laat leer, wil graag kennis ontvang; wie hom nie laat teregwys nie, is 'n dom mens. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|