A A A A A
Spreuke 11
23
Die regverdiges wens altyd vir die regte dinge. Waarvoor die goddeloses wag, bring net straf.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

23
Mense wat reg lewe, wil hê dat dit goed moet gaan, mense wat verkeerd doen, moet weet dat die Here hulle sal straf.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

23
Gelowiges het altyd hoop. Ongelowiges se drome lei tot frustrasie en ellende.
Afrikaanse Bybel DB 2006

23
Die regverdiges begeer die goeie; vir die goddeloses wag daar net straf.
Afrikaanse Bybel 1983

23
Die begeerte van die regverdiges is net ten goede, maar die hoop van die goddelose is 'n strafgerig van toorn.
Afrikaanse Bybel 1933/1953