A A A A A
Spreuke 11
17
’n Mens wat vrygewig is, baat self daarby. ’n Wrede mens vernietig homself.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

17
'n Persoon wat doen wat hy belowe, kry sy beloning, 'n wrede mens laat homself swaarkry.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

17
Iemand wat vir ander mense goed is, sal self die vrugte daarvan pluk. Iemand wat niks vir ander omgee nie, vernietig homself.
Afrikaanse Bybel DB 2006

17
'n Mens wat iets vir 'n ander oor het, baat self daarby; 'n hartelose mens word deur sy eie toedoen verstoot.
Afrikaanse Bybel 1983

17
'n Man wat 'n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar 'n wreedaard pynig sy eie vlees.
Afrikaanse Bybel 1933/1953