A A A A A
Spreuke 11
1
Die Here haat ’n skaal wat nie reg weeg nie. ’n Akkurate lesing dra sy goedkeuring weg.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Die Here haat 'n weegskaal wat nie reg weeg nie, Hy hou van gewigte wat presies reg weeg.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Dit walg die Here wanneer besigheidsmense oneerlik is, wanneer produkte swak en pryse buitensporig is. Eerlike transaksies maak Hom gelukkig.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Die Here het 'n afsku van 'n skaal wat nie reg weeg nie; net die regte gewig dra sy goedkeuring weg.
Afrikaanse Bybel 1983

1
'n Valse weegskaal is vir die HERE 'n gruwel, maar in 'n volle gewig het Hy behae.
Afrikaanse Bybel 1933/1953