A A A A A
Eksodus 23
31
“Ek sal die grense van julle land vasstel vanaf die Rietsee tot by die Middellandse See en vanaf die woestyn tot by die Eufraatrivier. Ek sal almal wat nou daar woon in julle mag gee. Julle sal hulle voor julle uit verdryf.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

31
Julle mag woon van die Riet-see tot by die Filistynse See, en van die woestyn tot by die Eufraat-rivier. Ek sal julle help om die mense te oorwin wat in die land woon. Ek sal hulle wegjaag voor julle.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

31
Ek sal maak dat jou grense loop van die Rietsee af tot by die See van die Filistyne, van die woestyn af tot by die groot rivier. Ek sal almal wat daar woon, onder jou stel. Jy kan hulle voor jou uit die land wegjaag.
Afrikaanse Bybel DB 2006

31
Ek sal jou grens vasstel van die Rietsee af tot by die Filistynse See en van die woestyn af tot by die Eufraatrivier. Ek sal die inwoners van hierdie land in jou mag gee, en jy moet hulle uitdryf.
Afrikaanse Bybel 1983

31
En Ek sal jou grense vasstel van die Skelfsee af tot by die See van die Filistyne, en van die woestyn af tot by die Eufraat. Want Ek sal die inwoners van die land in julle hand gee, en jy sal hulle voor jou uit verdrywe.
Afrikaanse Bybel 1933/1953