28 |
Ek sal perdebye voor julle uitstuur. Hulle sal die Hewiete, Kanaäniete en Hetiete voor julle uitdryf. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
28 |
Ek sal die Hewiete en Kanaäniete en Hetiete bangmaak vir julle, so bang soos vir perdebye. Ek sal daardie volke wegjaag voor julle. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
28 |
Ek stuur slange voor jou uit om die Hewiete, Kanaäniete en Hetiete voor jou uit te verdryf. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
28 |
Ek sal die Hewiete, Kanaäniete en Hetiete die skrik op die lyf jaag en hulle voor jou uit verdryf. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
28 |
Ook sal Ek perdebye voor jou uit stuur; die sal die Hewiete, Kana„niete en Hetiete voor jou uit verdrywe. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|