A A A A A
Eksodus 23
25
“Julle mag niemand anders as die Here julle God aanbid nie. Ek sal julle met kos en water en gesondheid seën.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

25
Ek is julle God die Here, en as julle My dien, dan sal Ek julle seën sodat julle baie water en kos sal hê. Julle sal ook nie siek word nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

25
Jy moet net tot die Here jou God bid en tot geen ander god nie. Die Here sal dit dan goed met jou laat gaan. Hy sal vir jou kos en drinkgoed en gesondheid gee.
Afrikaanse Bybel DB 2006

25
Jy moet die Here jou God dien. Dan sal Hy jou met kos en water seën en siekte van jou af weghou.
Afrikaanse Bybel 1983

25
En julle moet die HERE julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
Afrikaanse Bybel 1933/1953