A A A A A
Eksodus 23
22
“As julle mooi na hom luister en presies doen wat Ek vir julle sê, sal Ek self julle vyande se teenstander wees. Ek sal My stel teenoor hulle wat teen julle is.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

22
As julle goed luister na hom en alles doen wat Ek sê, dan sal Ek teen julle vyande veg. Ek sal teen almal wees wat teen julle is.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

22
As jy mooi na hom luister en presies doen wat Ek van jou vra, sal Ek ook jou vyande se vyand wees en sal Ek hulle aanval wat jou wil aanval.
Afrikaanse Bybel DB 2006

22
As jy goed ag gee op hom en alles doen wat Ek sê, sal Ek die vyand van jou vyande wees en die teëstander van jou teëstanders.
Afrikaanse Bybel 1983

22
Maar as jy terdeë na sy stem luister en alles doen wat Ek sal sê, sal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees.
Afrikaanse Bybel 1933/1953