A A A A A
Eksodus 23
2
“Moenie agter die meerderheid aangaan en ook verkeerd doen nie. Wanneer jy in ’n hofsaak moet getuig, moet jy nie agter die meerderheid aanhardloop en die waarheid verdraai nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

2
Jy moet altyd die waarheid in die hof vertel. As jy moet vertel wat gebeur het, en baie ander mense vertel leuens, dan mag jy nie saam met hulle leuens vertel nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

2
Jy moenie iets doen omdat almal dit doen nie. Jy moenie saam met almal iets doen as jy weet dit is verkeerd nie. Jy moet ook nie met almal saampraat wanneer hulle die waarheid verdraai net omdat jy wil hê hulle moet van jou hou nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

2
Jy mag nie agter die meerderheid aan doen wat verkeerd is nie. Wat jy in 'n hofsaak getuig, mag jy nie verdraai nie, al doen die meerderheid dit ook.
Afrikaanse Bybel 1983

2
Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in 'n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953