A A A A A
Eksodus 23
18
“Julle mag nooit vir My bloed offer saam met brood waarin daar suurdeeg is nie. Die vet van die dier wat julle offer mag ook nie oorstaan tot die volgende oggend nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

18
“Julle mag nie die bloed van 'n dier wat julle vir My offer, saam met suurdeeg offer nie. Julle mag ook nie die vet van 'n dier wat julle offer, los tot die volgende oggend nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

18
“Jy moet nooit brood waarin daar suurdeeg is, saam met diere offer nie. Die vet van die dier wat jy by die fees offer, mag ook nie oud word en oorstaan tot die volgende oggend nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

18
“Jy mag nie die bloed van die offerdier offer saam met iets wat suurdeeg in het nie. Die vet van die feesoffer wat jy vir My bring, mag nie tot die volgende oggend oorstaan nie.
Afrikaanse Bybel 1983

18
Jy mag die bloed van my offer nie saam met gesuurde brood offer nie. Ook mag die vet van my feesoffer nie tot die môre toe oorbly nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953