A A A A A
Eksodus 23
16
Die tweede fees is die Oesfees. Dan bring julle vir My die eerste graan wat julle afoes. Die derde fees is die fees aan die einde van die oesseisoen. Dit word gevier wanneer julle die laaste deel van die oes van die lande af inbring.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

16
“Julle moet ook 'n Oesfees vier wanneer julle die ryp koring begin afsny. Die derde fees is die fees aan die einde van die jaar, wanneer julle klaar gewerk het en die tyd verby is wanneer julle die koring afsny.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

16
“Die tweede een is die oesfees. Jy moet dit aan die begin van die oesseisoen hou, wanneer jy die eerste graan begin oes. “Die derde een is aan die einde van die seisoen, wanneer jy die laaste deel van die oes inbring.
Afrikaanse Bybel DB 2006

16
“Die fees van die oes moet gevier word met die eerste opbrengs van wat jy op die land saai. “Die fees van die insameling moet gevier word aan die einde van die jaar wanneer jy die vrug van jou arbeid ingesamel het op die lande.
Afrikaanse Bybel 1983

16
verder die fees van die oes, van die eerstelinge van jou werk, van wat jy op die land saai; en ook die fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel.
Afrikaanse Bybel 1933/1953