12 |
“Jy moet ses dae lank met jou werk aangaan. Op die sewende dag moet jy ophou om te werk sodat jou beeste en donkies kan uitrus. Jou werkers en die buitelanders by jou moet kans kry om te ontspan. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
12 |
Julle moet ses dae lank julle werk doen, maar op die sewende dag moet julle nie werk nie. Dan kan julle beeste en julle donkies rus, en ook julle slawe en die vreemdelinge.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
12 |
Jy moet vir ses dae aangaan met jou werk. Op die sewende dag moet jy dit net so los sodat jou bees en jou donkie kan rus. Jou werksmense en die mense wat van ’n ander plek af kom, moet kan ontspan en uitrus. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
12 |
“In ses dae moet jy jou werk doen, maar op die sewende dag moet jy nie werk nie sodat jou beeste en donkies kan uitrus en jou werksmense en die vreemdelinge by jou 'n bietjie kan asem skep. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
12 |
Ses dae moet jy jou werk verrig, maar op die sewende dag moet jy rus, dat jou os en jou esel kan uitrus en die seun van jou slavin en die vreemdeling kan asem skep. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|