1 |
“Moenie valse gerugte versprei nie. Moenie met misdadigers saamsweer en valse getuienis in hulle guns aflê nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
“Jy mag nie skinder van ander mense nie. Jy mag nie leuens vertel om iemand te help wat skuldig is nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
“Jy moenie praatjies oor ander mense verder oorvertel as jy weet dit is nie waar nie. Jy moenie met oortreders saamsweer om saam met hulle in die hof te lieg nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
“Jy mag nie skinderstories versprei nie. Jy mag nie met 'n misdadiger saamwerk en in sy guns vals getuienis lewer nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Jy mag geen valse gerug rondstrooi nie. Verbind jou nie met die skuldige om 'n kwaadwillige getuie te wees nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|