A A A A A
Eksodus 20
1
Die Here het al die volgende voorskrifte gegee:
2
“Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy ’n slaaf was.
3
“Jy mag nie nog ander gode buiten My aanbid nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
God het gesê:
2
“Ek is jou God die Here. Ek het jou uit Egipte gebring, uit die plek waar jy 'n slaaf was.
3
“Jy mag nie ander gode aanbid nie. Ek is die enigste God.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Die Here het die volgende reëls vir sy ooreenkoms met die volk gegee:
2
“Ek is die Here. Ek is jou God. Ek het jou uit Egipte bevry waar jy slawewerk gedoen het.
3
Net Ek mag jou God wees. Jy mag nie ander gode hê nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Toe het God al hierdie gebooie aangekondig:
2
“Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.
3
Jy mag naas My geen ander gode hê nie.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê:
2
Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
3
Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953