A A A A A
Eksodus 20
7
“Moenie die Naam van die Here jou God sonder rede gebruik nie. Die Here sal die een wat sy Naam sonder die nodige respek gebruik, nie net so sonder straf laat wegkom nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

7
“Jy mag die Naam van jou God die Here nie gebruik vir iets wat verkeerd is nie, want die Here sal elkeen straf wat sy Naam gebruik vir iets wat verkeerd is.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

7
“Jy mag nie die Here jou God se Naam sommerso gebruik nie. Die Here sal elkeen straf wat sy Naam gebruik sonder dat hy respek vir die Here het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

7
“Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie.
Afrikaanse Bybel 1983

7
Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953