A A A A A
Eksodus 20
25
As julle dan ’n altaar van klip vir My wil bou, mag julle net natuurlike klip gebruik. As julle dit met gereedskap sou bewerk, sal dit nie meer vir My aanvaarbaar wees nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

25
Wanneer julle vir My 'n altaar van klippe maak, dan moet julle dit nie bou met klippe wat julle gekap het nie, want as julle die klippe kap, dan sal die altaar onrein wees.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

25
As jy die offerplek van klip wil bou, moet dit nie van klip wees wat julle gekap het nie. Klip wat met gereedskap bewerk is, is nie aanvaarbaar vir my altare nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

25
“As julle 'n altaar van klip vir My wil oprig, mag julle dit nie van gekapte klip bou nie. Sodra julle met die beitel daaraan kap, sal julle dit ontwy.
Afrikaanse Bybel 1983

25
Maar as jy vir My 'n klipaltaar maak, mag jy dit nie bou van gekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap daaroor swaai, dan ontheilig jy dit.
Afrikaanse Bybel 1933/1953