A A A A A
Eksodus 20
20
“Julle moenie bang wees nie,” het Moses vir hulle gesê. “God het so na julle toe gekom sodat julle ontsag vir Hom kan hê. Sorg dat julle nie teen Hom oortree nie.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

20
Moses het vir die mense gesê: “Julle moenie bang wees nie, want God het gekom om julle te toets. God wil hê julle moet Hom eer en julle moenie sonde doen nie.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

20
“Julle moenie bang wees nie,” sê Moses toe vir hulle, “God het kom kyk of julle versigtig genoeg vir Hom is sodat julle nie teen Hom sal sonde doen nie.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

20
Maar Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie, want God het gekom om julle te toets. Hy wil hê julle moet ontsag hê vir Hom en nie sondig nie.”
Afrikaanse Bybel 1983

20
Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953