A A A A A
Eksodus 20
12
“Behandel jou ouers met respek. Jy sal dan lank en gelukkig lewe in die land wat die Here vir jou gee om in te bly.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
“Jy moet jou ouers respekteer, dan sal jy lank woon in die land wat jou God die Here vir jou gee.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
“Jy moet respek hê vir jou pa en jou ma. Jy sal dan lank en gelukkig leef waar die Here jou laat bly.
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
“Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.
Afrikaanse Bybel 1983

12
Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
Afrikaanse Bybel 1933/1953