A A A A A
Eksodus 18
8
Moses het vir sy skoonpa haarfyn vertel van alles wat die Here met die farao en Egipte laat gebeur het ter wille van Israel. Hy het ook vertel van al die probleme wat hulle langs die pad teëgekom het en hoe die Here hulle daarmee gehelp het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

8
Moses het vir sy skoonpa alles vertel wat die Here met die farao en die Egiptenaars gedoen het omdat die Here die Israeliete wou help. Hy het ook vertel van al die probleme wat die Israeliete gehad het voordat hulle by die berg van God gekom het, en hoe die Here hulle gered het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

8
Moses het sy skoonpa uitvoerig vertel wat die Here alles met die farao en met Egipte laat gebeur het om Israel te bevry. Hy het hom ook vertel van al die probleme wat hulle langs die pad gehad het en hoe die Here hulle daaruit gehelp het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

8
Daar het Moses vir sy skoonpa alles vertel wat die Here aan die farao en aan Egipte gedoen het ter wille van Israel, en ook van al die ontberings wat die Israeliete op pad gehad het en hoe die Here hulle bevry het.
Afrikaanse Bybel 1983

8
Moses vertel toe aan sy skoonvader alles wat die HERE aan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van Israel, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad oorgekom het, en dat die HERE hulle verlos het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953