26 |
Hulle was voltydse regters oor die volk. Groter sake is na Moses toe gebring en kleiner sake het hulle self hanteer. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
26 |
Die leiers het geluister na die mense se probleme. Hulle het die groot probleme na Moses toe gebring. Hulle kon self besluit oor die klein probleme. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
26 |
Hulle was deurentyd beskikbaar vir die volk om na hulle sake te luister. Hulle het die moeiliker sake na Moses verwys. Die sake wat makliker was, het hulle self verhoor. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
26 |
Hulle het deurentyd hofsittings gehou. Die belangrike sake is na Moses verwys, en die geringes is deur die leiers verhoor. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
26 |
En hulle het voortdurend oor die volk die regspraak uitgeoefen: die moeilike sake het hulle na Moses gebring, maar in al die klein sake self reggespreek. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|