25 |
Moses het uit die hele Israel bekwame manne gekies en hulle as leiers oor die volk aangestel oor groepe van onderskeidelik 1 000, 100, 50 en tien mense. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
25 |
Moses het uit al die stamme van Israel manne gekies wat weet wat om te doen, en hy het hulle leiers gemaak oor die volk. Daar was leiers van 1 000 mense, van 100 mense, van 50 mense en van tien mense. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
25 |
Hy het mans uit die hele Israel aangestel wat reg was om die werk te doen. Hy het een van hulle vir elke 1 000, of 100, of 50 of tien mense aangewys. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
25 |
Moses het bekwame manne uit Israel gekies en hulle aangestel as hoofde oor die volk: leiers oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
25 |
Moses het bekwame manne uit die hele Israel gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel -- owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|