A A A A A
Eksodus 18
2
Sy skoonpa het toe sy vrou, Sippora, en sy twee seuns saam met hom na Moses gebring. Moses het haar destyds na haar pa teruggestuur.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

2
Moses het voorheen sy vrou Sippora teruggestuur na sy skoonpa Jetro toe. Jetro het nou vir Sippora
Afrikaanse Bybel ABA 2007

2
[2-5] Moses se skoonpa het toe by hom kom kuier daar waar hulle by die berg van die Here in die woestyn kamp opgeslaan het. Hy het Moses se vrou, Sippora, en sy twee seuns, Gersom en Eliëser, saam met hom gebring. Moses het hulle destyds uit Egipte teruggestuur om by sy skoonpa te gaan bly. Soos voorheen gesê, het hy die oudste seun Gersom genoem. Die naam het daarop gewys dat Moses ’n vreemdeling in ’n vreemde land moes word. Die tweede seun het hy Eliëser genoem. Dit het daarna verwys dat die God van sy voorouers hom gehelp het toe die farao van destyds hom wou doodmaak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

2
Toe Moses sy vrou Sippora destyds teruggestuur het, het sy skoonpa Jetro haar
Afrikaanse Bybel 1983

2
het Jetro, Moses se skoonvader, Sippora, die vrou van Moses, geneem -- nadat hy haar teruggestuur het --
Afrikaanse Bybel 1933/1953