A A A A A
Eksodus 18
14
Toe Moses se skoonpa sien hoe Moses met die volk werk, vra hy vir hom: “Hoekom doen jy alles self? Die mense staan die ganse dag vir jou en wag!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

14
Sy skoonpa het alles gesien wat Moses vir die mense doen. Hy het gesê: “Wat doen jy alles vir die mense? Hoekom doen jy dit alleen en hoekom moet al die mense van die oggend tot die aand vir jou wag?”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

14
Moses se skoonpa het gesien hoe Moses probeer om self al die sake van die volk te verhoor. Hy vra toe vir hom: “Wat probeer jy regkry? Hoekom wil jy al die hofsake alleen verhoor? Die volk moet die hele dag lank vir jou staan en wag.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

14
Maar toe sy skoonpa sien wat Moses alles vir die volk doen, het hy gesê: “Waarom doen jy die volk dit aan? Waarom tree net jý op as regter, en al die mense moet van die môre af tot die aand toe vir jou staan en wag?”
Afrikaanse Bybel 1983

14
En toe Moses se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe?
Afrikaanse Bybel 1933/1953