A A A A A
Eksodus 18
1
Moses se skoonpa, Jetro, die priester van Midian, het gehoor van alles wat God vir Moses en sy volk gedoen het. Hy het gehoor hoe die Here hulle uit Egipte verlos het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Jetro was die priester van die land Midian en hy was Moses se skoonpa. Hy het alles gehoor wat God vir Moses en vir die Israeliete gedoen het toe Hy hulle uit Egipte gebring het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Moses se skoonpa was mos Jetro. Hy het in Midian vir die Here gewerk en Hom met offers gedien. Hy het gehoor wat God alles met sy volk en met Moses laat gebeur het. Hy het gehoor hoe die Here Israel laat wegtrek het uit Egipte.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Jetro, priester van Midian en skoonpa van Moses, het gehoor wat die Here God alles vir sy volk Israel en vir Moses gedoen het toe die Here die Israeliete uit Egipte bevry het.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Toe Jetro, die priester van M¡dian, Moses se skoonvader, hoor alles wat God aan Moses en aan sy volk Israel gedoen het -- dat die HERE Israel uit Egipte uitgelei het --
Afrikaanse Bybel 1933/1953