9 |
Want U, Here, is hoog verhewe bo die hele aarde; U is verhewe ver bo alle gode. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
9 |
Ja, Ú, Here, U is belangriker as almal op die hele aarde, U is baie belangriker as al die gode. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
9 |
Niemand is groter as U nie. Geen afgod kan u plek vat nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
9 |
U, Here, is die Allerhoogste oor die hele aarde, hoog verhewe bo alle gode. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
9 |
Want U, HERE, is die Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die gode. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|