6 |
Die hemele verkondig sy geregtigheid; elke volk sien sy heerlikheid. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
6 |
Die hemel bring die nuus dat die Here reg doen, al die volke sien dat Hy Koning is. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
6 |
Uit die hemel kom die boodskap dat wat die Here doen, reg is, en dat almal en alles sal sien hoe groot en belangrik Hy is. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
6 |
Die hemel getuig dat Hy regverdig is en al die volke sien sy magtige verskyning. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
6 |
Die hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy heerlikheid. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|