A A A A A

Psalms 97

2
Wolke en duisternis omring Hom. Reg en geregtigheid is die grondslag van sy troon.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

2
Niemand sien die Here nie, daar is donker wolke rondom Hom, maar Hy doen reg en Hy oordeel reg wanneer Hy regeer.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

2
Waar die Here is, is daar nie plek vir oneerlikheid nie. Wat Hy doen, is altyd reg en goed.
Afrikaanse Bybel DB 2006

2
Die Here is omgewe van donker wolke; sy troon is gebou op reg en geregtigheid.
Afrikaanse Bybel 1983

2
Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon.
Afrikaanse Bybel 1933/1953