11 |
Oor regverdiges skyn daar lig, en daar is blydskap vir hulle wat opreg is. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
11 |
Daar is baie lig in die lewe van mense wat reg doen, eerlike mense sal altyd bly wees. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
11 |
As jy Hom gelukkig maak, sal sy geluk jou soos lig omvou. As jy aan Hom behoort, sal jou hart van vreugde oorloop. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
11 |
Vir die regverdiges het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
11 |
Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|