10 |
Julle wat die Here liefhet, haat dan wat boos is! Hy beskerm die lewe van sy getroues, Hy red hulle uit die mag van goddeloses. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
10 |
Die mense wat lief is vir die Here, moet slegte dinge haat. Die Here beskerm die mense wat in Hom glo. Hy red hulle van die mense wat verkeerd doen. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
10 |
As jy vir die Here lief is, hardloop dan weg van alles waarvan Hy nie hou nie. Hy sal jou oppas en beskerm teen enigiemand wat jou wil seermaak. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
10 |
Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars, Hy red hulle uit die greep van die goddelose. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
10 |
o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|