8 |
Hulle kragte sal vermeerder tot hulle in Sion voor God verskyn. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
8 |
Hulle kry elke maal nuwe krag totdat hulle by God in Sion kom. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
8 |
Aan hulle is daar geen keer nie; hulle pad sal by God in Jerusalem eindig. U gee hulle die krag daarvoor. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
8 |
Keer op keer ontvang hulle nuwe krag totdat hulle voor God in Sion verskyn. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
8 |
Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|