4 |
Selfs ’n mossie kry hier ’n plek, en die swaeltjie bou haar nes en maak haar kleintjies groot naby u altare, Here, die Almagtige, my Koning en my God! |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
4 |
Here, U wat oor alles regeer, die mossies het ook neste, en die swaeltjies het plek vir hulle kleintjies daar by u altare, my Koning en my God. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
4 |
Die voëltjies maak hulle nes naby u altaar, o Here, God, groot Bevelvoerder. U is my God, en U heers oor die heelal. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
4 |
Selfs 'n mossie het 'n nes en 'n swaeltjie 'n plek vir haar kleintjies daar by u altare, Here, Almagtige, my Koning en my God! |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
4 |
Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|