12 |
’n Son en skild is die Here God. Die Here gee genade en eer. Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
12 |
God die Here gee vir ons lewe en beskerm ons, die Here is genadig en Hy gee vir ons eer. Hy gee goeie dinge vir mense wat eerlik lewe. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
12 |
Die Here God wys vir ons wat ons moet doen en beskerm ons in gevaar. Hy gee vir ons dinge wat ons nie verdien nie omdat ons reg lewe. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
12 |
Die Here God is ons krag en ons beskerming, die Here gee genade en eer, Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
12 |
Want die HERE God is 'n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie. [ (Psalms 84:13) HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou! ] |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|