A A A A A

Psalms 84

11
Een dag in u tempel is beter as duisend elders! Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my God as dat ek woon in huise van goddeloses.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Waarlik, een dag in u tempel is beter as 1 000 dae op 'n ander plek. Dit is vir my beter om hier te staan by die deur van die tempel van my God. Ek wil nie woon in die huise van die mense wat verkeerd doen nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Dit is vir my lekkerder om een dag in u huis te wees as duisend dae sonder U in die poele van plesier. Ek sal liewer net ’n deurwag in u huis wees as om in die grootste paleise saam met mense te bly wat nie van U hou nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend daarbuite. Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my God as om te woon in huise sonder God.
Afrikaanse Bybel 1983

11
Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.
Afrikaanse Bybel 1933/1953