1 |
*** |
2 |
Moenie onverskillig toekyk nie, o God. Moenie stilbly en niks doen nie, o God! |
3 |
Luister na die rumoer van u vyande! U haters het hulle teen U verset. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
'n Lied. 'n Psalm. Van Asaf. |
2 |
O God, U moenie stilbly nie, U moenie maak of U niks hoor nie, U moet iets doen. |
3 |
Want luister, u vyande raas, die volke wat nie vir U wil dien nie, dink hulle kan doen wat hulle wil. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
*** |
2 |
God, hou op om my te ignoreer; U wil niks met my te doen hê nie. Moenie maak of U my nie hoor en dan niks doen nie. |
3 |
Kyk net hoe gaan die ongelowiges te kere. Hulle wat niks van U dink nie, dink baie van hulleself. En hulle verset hulle teen U. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
'n Lied. 'n Psalm van Asaf. |
2 |
Moet tog nie afsydig staan nie, o God, moet tog nie stilbly en niks doen nie! |
3 |
Kyk hoe gaan u vyande teen U te kere, hoe verset u teëstanders hulle teen U. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
'n Lied. 'n Psalm van Asaf. |
2 |
o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God! |
3 |
Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|