13 |
Daarom het Ek hulle laat begaan, hulle prysgegee aan hulle koppigheid om te doen volgens hulle eie begeerte. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
13 |
Hulle was hardkoppig en Ek het hulle gelos en hulle het gedoen wat hulle self besluit het. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
13 |
Ek het hulle toe gelos sodat hulle hulle eie pad kon loop. Ek het hulle ’n kans gegee om hulle sin te kry. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
13 |
Daarom het Ek hulle laat begaan in hulle koppigheid en hulle het hulle eie sin en wil gevolg. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
13 |
Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|