5 |
Maar mag almal wat U soek, vol vreugde en blydskap wees. Mag hulle wat u verlossing liefhet, gedurig sê: “Die Here is groot!” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
5 |
Maar die mense wat naby U wil wees, hulle moet vrolik en bly wees oor U. Die mense wat bly is dat U hulle gered het, hulle moet aanhou sê: “God is groot!” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
5 |
Almal wat by U gaan hulp soek, moet bly wees. Laat mense wat U liefhet, elke dag sê: Daar is niemand groter as God nie! |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
5 |
Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U, laat dié wat op u hulp staatmaak, altyddeur sê: God is groot! |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
5 |
Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is God! [ (Psalms 70:6) Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie! ] |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|