1 |
*** |
2 |
Here my God, ek soek u beskerming. Red my van al my vervolgers, red my! |
3 |
Anders sal hulle my toetakel soos ’n leeu, my in stukke skeur sonder dat iemand my red. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
'n Klaaglied van Dawid. Hy het hierdie lied vir die Here gesing oor iets wat Kus, van die Benjamin-stam, vir hom gesê het. |
2 |
My God die Here, ek vra vir Ú om my te beskerm. Mense jaag my en hulle wil my vang, U moet my red en my vrymaak. |
3 |
As U dit nie doen nie, dan sal hulle my doodbyt soos 'n leeu 'n dier doodbyt wanneer daar niemand is wat die dier kan red nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
*** |
2 |
Here, U is my God. Ek skuil by U! Red my van almal wat my wil seermaak. Hou hulle ver van my af weg! |
3 |
Hulle is net soos honger leeus wat rondkyk om iets te kry wat hulle kan opeet. Help my, want daar is niemand anders wat dit kan doen nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
'n Klaaglied van Dawid wat hy vir die Here gesing het na aanleiding van die dade van Kus, 'n Benjaminiet. |
2 |
By U soek ek beskerming, Here my God. Help my, red my van almal wat my vervolg, |
3 |
sodat hulle my nie verskeur soos 'n leeu sy prooi nie, my nie uitmekaar skeur sonder hoop op redding nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Sjiggajon van Dawid wat hy tot eer van die HERE gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet. |
2 |
HERE, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my; |
3 |
sodat hy nie soos 'n leeu my verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|