A A A A A

Psalms 7

9
Here, U wat regspreek oor die volke, oordeel my, Here, volgens my regverdigheid en in die lig van my onskuld.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Here, dit is U wat die volke sal oordeel, U moet my Regter wees, U weet ek het reg gedoen en ek is onskuldig.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Daarom kan U die regte besluite oor elkeen se lewe neem. En daarom kan ek nou by U pleit: kyk tog dat ek die regte dinge gedoen het, Here! Ek is onskuldig. Ek verdien nie om so sleg behandel te word nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
U wat regspreek oor die volke, Here, bevind tog dat ek reg het, Here, dat ek onskuldig is.
Afrikaanse Bybel 1983

9
Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.
Afrikaanse Bybel 1933/1953