7 |
Staan op, Here, in u toorn! Tree op teen my vyande se woede! Kom tot aksie, my God! Laat u geregtigheid seëvier! |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
7 |
Here, U moet kwaad word, U moet my vyande aanval wat so kwaad is vir my, U moet my nou help. U het gesê mense moet reg doen aan mekaar. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
7 |
Staan asseblief op, Here! Gryp tog in! Word ’n slag kwaad vir daardie spul wat so vol woede teen my baklei. Pas my op. U wil mos hê dat mense reg behandel word. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
7 |
Kom tog, Here, in u toorn, tree op teen die verwoede aanslag van my teëstanders. Kom my te hulp, U wat bepaal het dat reg sal geskied. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
7 |
Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|